Friday, September 28, 2007

Desember 2006

Ons het oor die kersfees en nuwe jaar breek by Cuzette en Zirk gaan kuier in Napier vir so 2 weke. Ons het baie lekker by die strande gaan rondlê en krieket speel en die manne het met Zirk se rubberboot die branders aangedurf. Oukers aand het ons saam vriende van Cuzette hulle, ook Suid-Afrikaners, deurgebring. Zirk se Ma was ook daar en het vir so 6 maande omtrent by hulle gekuier. Wel, Zirk het Kersvader gespeel en Llewellyn was vas oortuig daarvan dat kersvader dat nou Oom Zirk was. Ons het maar net aangehou met sê dat hy hom seker maar net verbeel het. Hulle het dit natuurlik baie geniet. Kersdag was ons weer strand toe want dit was sulke mooi sonskyn dae gewees.

Oujaars aand het Cuzette hulle weer vriende oor gehad en nog vriende van Auckland het ook kom saam kuier. Ons het lekker gebraai en sommer die sitmaker vloer lekker skoon gedans. Ons het net voor 12 uur ook 'n hele klmop klappers geskiet in die doodloop straat langs Cuzette hulle se huis. Zirk het natuurlik vir vet pret en mannewalisse gesorg. Ons het so gelag dat my wange nog seer was die volgende oggend. Ansonica en Pieter het die aand ook saam ons deurgebring by Cuzette hulle. Dit was nou baie gaaf om hulle te kon ontmoet.

Ons het baie lekker gekuier by Cuzette hulle.

Friday, August 24, 2007

Juané se skool se kersfees parade - 25 Nov 2006.




Juané is gekies om in haar skool se Kersfees parade deel te neem. Sy was opgemaak as 'n mooi kersfees boompie. Hier hou sy haar kersfees boompie vas. Haar gesiggie moes nog groen geverf geword het sodat sy kan inpas by haar kersfees boom wat sy moes vashou op die vlot (wat 'n trok was) waarop hulle gestaan het en
deur die hoofstraat van Howick gery het.




Hier het Juané haar groen gesigverf op en hou sy haar kersfees boom van karton vas. Sy was nogal baie opgewonde en bly om deel te kon neem aan die kersfees parade.
Dit was op 25 November 2006 gewees.

Hier is foto waar Juané op die vlot staan (heel links) terwyl dit in Howick se hoofstraat afry. Ek en Llewellyn was in die skare en het gewag dat hulle moes verby ry sodat ons 'n foto van haar en die ander kon afneem.

Llewellyn se 7de verjaarsdag (2006) partytjie update.

Ons het Llewellyn se 7de verjaarsdag partytjie gehou op saterdag 25 November 2006 by Extreme Entertainment waar die kinders kon kegels bowl. Die kinders het lekker gebowl met spesiale yster rame waarvan af hulle die groot swaar balle kon rol.

Jacques het al die kinders gehelp deur die yster raam vas te hou sodat hulle min of meer die bal reguit kan rol om die kegels raak te gooi. Dit lyk nogal baie makliker as wat dit eintlik is.

Die kinders het dit gate uit geniet en daar was tot spesiale skoene wat hulle moes aantrek.












Na die bowling het die kinders gou om 'n tafel gaan sit sodat Llewellyn se geskenke kon oopmaak en hulle kon eet. Die grootmense het verder gekuier by die huis met 'n braai en 'n lekker sjokolade modder koek as Llewellyn se verjaarsdag koek.

November 2006 - vervolg

Ons het in November verlede jaar die WRC Rally in die Waikato Region bygewoon. Ons het saam Cuzette en Zirk gekampeer by Raglan se kampeer plek. Dit was van die Vrydag 17 November tot die Sondag 19 November. Dit het natuurlik oor Llewellyn se 7de verjaarsdag geval. Die het nogal baie en kort kort gereën die naweek. Cuzette het hulle gas stofie saam gevat en daar waar ons gestop het by elke stage kon ons lekker koffie maak en kuier terwyl die manne na die stages gekyk het.









Ons het vir Llewellyn 'n radio beheerde 4x4 bakkie gekry. Hy was baie ingenome met sy geskenk alhoewel hy nie juis vreeslik baie met karre speel nie.









Op Sondag het Jacques en Zirk en die seuns en Zirk se oudste broer die gelukkie getref om vir die Subaru span en vir Peter Solberg en Marcus Gronholm raak te ry op pad na die laaste stage toe en toe kon hulle so 'n foto geleentheid nie misloop nie. Kyk die manne was nou omtrent in hulle noppies met hulle gelukkie wat hulle getref het.

Saturday, August 18, 2007

Sjoe

Ek het so lank laas hier ge-update dat ek dink dit weer tyd is dat ek begin met 'n update oor alles wat die afgelope paar maande gebeur het. Ek is nou besig om al die foto's daarvoor reg te kry en sal dit alles kom opsit sodra ek dit reg het. Ons het vanaand 'n Meksikaanse party by Juanita en Trevor hulle om Trevor se komende verjaarsdag die 21ste Augustus te vier. Ons almal het geld ingesamel om vir hom 'n 19 inch LCD monitor te koop vir sy rekenaar. Hy gaan so verras en bly wees daaroor. Wel ek wil nou nie te veel inligting deurgee nie omdat ek wel hier 'n update sal kom opsit binnekort.