Thursday, November 16, 2006

Kinders se 'Athletics' Dag by die skool - 15 Nov '06

Die kinders het vandag by hulle skool hulle atletiek dag gehad. Dit is nogal hier en daar heelwat anders as wat ons gewoond aan is en wat in SA gedoen word. Daar word wel ook resies gehardloop en ver gespring en ver gegooi, maar verder klim hulle oor onderwerpe en kruip onder deur tonnels gemaak van twee bankies en 'n stuk plastiese seil oor gegooi. Hulle speel ook iets soortgelyks aan vrot eier waar die kinders in 'n sirkel sit en die een kind die ander een jaag.


Hier is 'n paar foto's van die dag. Dit het later begin reën en nou word die res van die aktiwiteite waarby hulle nie uitgekom het nie Maandag hervat. Llewellyn het nog heelwat aktiwiteite wat hulle moet doen. Wel ek hoop julle geniet dit.







Sunday, November 05, 2006

Oktober update.

Nou die was 'n belangrike maand in ons lewens want ek het verjaar en dit was my en Jacques se 10 jaar huweliks herdenking. Ons het vriende oorgenooi om op die Vrydag aand by ons te kom koek en dop geniet om my verjaarsdag te vier.

Dit was 'n baie lekker aand gewees. Ek het melktert, yskas tert en my Ma se lekker souttert gemaak en so ook 'n baie lekker Cadbury chocolate koek gemaak en nog ander snacks voorgesit.

Donna en Ludwig, Monique en Ewoud was van die nuwe gaste wat vir die eerste keer by ons kom kuier het. Brenda en Rene, saam Rene se ouers; Juanita en Trevor; Danie en Judy en Sonita en George was ook die aand by ons. Juanita was so erg opgewonde oor haar Ma se koms die volgende dag dat hulle nie te lank gekuier het nie.

Donna werk saam my by die Auckland City Council en sy is 'n Planner. Ludwig is 'n Suid-Afrikaner en hulle trou nou oor minder as 'n week op die 11de November in Hamilton, so 'n uur se ry van Auckland af.

Monique het ek op die bus ontmoet en vandaar af is ons bevriend. Sy gaan uit met Ewoud, wie se ouers hier in Auckland is en sy bly by hulle.

Judy en Danie het tot heel laaste by ons gekuier en die nag toe by ons oorgeslaap.


Op die 26ste Oktober 1996 is ek en Jacques getroud in die Rietfontein-Suid gemeente op die hoek van Ben Swart Straat en 16de laan in Pretoria om 16h00 die middag. Ek was nog 30 minute laat vir die diens. Aai die herhinneringe 10 jaar later voel nog soos gister party dae.

Judy en Danie het na die kinders gekyk oor die naweek en ek en Jacques het rustig die Vrydag aand by die huis verkeer saam vriende, Lizelle en Riaan de Klerk (wie ons deur Cuzette en Zirk ontmoet het). Die volgende oggend het ons lekker gaan fliek en toe "The devil wears prada" gaan kyk.

Ek het ongelukkig nie foto's geneem op my verjaarsdag of 10 jaar herhinnering nie. Ons wag vir die professionele foto's wat ons laat neem het vroeër in die maand.



Dinsdag die 31ste was Halloween hier gevier en omdat ons dit nie juis ondersteun nie en ek nie die kinders wou laat uitvoel het nie, het ons hulle na 'n Light Party' gevat by een van die kerke wat basies die die lig van Jesus vier.

Hier is 2 foto's van die kinders na ons terug by die huis was na die 'Light Party'.

Monday, October 09, 2006

September 2006 Lente skool vakansie


Ek het bietjie foto's van die kinders buite in die tuin geneem gedurende hulle lente vakansie wat van 22 September tot 6 Oktober was. Die eerste week het ek verlof gekry en het ons gereeld die parkie gaan besoek en gaan fiets ry. Ons het hulle ook op Woensdag 27 September gevat om die fliek "The Wild" te gaan kyk by Skyvillage Cinemas in Highland Park. Vrydag 29 September het ons vir die 3de keer die dieretuin gaan besoek en die kinders het dit baie geniet. Juané het vir Lavender - 'n hasie - gevryf by die "petting zoo" kinder afdeling. Sy hou baie daarvan om die diere te vryf. Llewellyn wou net vreeslik graag die 2 nuwe cheetahs wat van Afrika af ingebring is gaan besoek het, Anubis en Osiris, maar die twee het agter 'n groot stomp gelê en bak in die sonnetjie. Die naweek was ons maar by die huis gewees want Jacques het laat middag skof gewerk van 15h00 tot 23h00. Die laaste week van die vakansie het Jacques met sy af dae na die kinders gekyk en die Vrydag toe hy weer 'n laat middag skof gewerk het het hy die kinders na my werk gebring waar hulle vir bietjie meer as 'n uur gekuier het. Hulle het dit baie geniet. En op die Woensdag het hulle weer saam Jacques die fliek "Barnyard" gaan kyk en het die storie van die koeie erg baie geniet. As julle op die foto's click maak dit die foto in sy regte grootte oop op 'n aparte bladsy en kan julle dit save.