Friday, September 28, 2007

Desember 2006

Ons het oor die kersfees en nuwe jaar breek by Cuzette en Zirk gaan kuier in Napier vir so 2 weke. Ons het baie lekker by die strande gaan rondlê en krieket speel en die manne het met Zirk se rubberboot die branders aangedurf. Oukers aand het ons saam vriende van Cuzette hulle, ook Suid-Afrikaners, deurgebring. Zirk se Ma was ook daar en het vir so 6 maande omtrent by hulle gekuier. Wel, Zirk het Kersvader gespeel en Llewellyn was vas oortuig daarvan dat kersvader dat nou Oom Zirk was. Ons het maar net aangehou met sê dat hy hom seker maar net verbeel het. Hulle het dit natuurlik baie geniet. Kersdag was ons weer strand toe want dit was sulke mooi sonskyn dae gewees.

Oujaars aand het Cuzette hulle weer vriende oor gehad en nog vriende van Auckland het ook kom saam kuier. Ons het lekker gebraai en sommer die sitmaker vloer lekker skoon gedans. Ons het net voor 12 uur ook 'n hele klmop klappers geskiet in die doodloop straat langs Cuzette hulle se huis. Zirk het natuurlik vir vet pret en mannewalisse gesorg. Ons het so gelag dat my wange nog seer was die volgende oggend. Ansonica en Pieter het die aand ook saam ons deurgebring by Cuzette hulle. Dit was nou baie gaaf om hulle te kon ontmoet.

Ons het baie lekker gekuier by Cuzette hulle.

Friday, August 24, 2007

Juané se skool se kersfees parade - 25 Nov 2006.




Juané is gekies om in haar skool se Kersfees parade deel te neem. Sy was opgemaak as 'n mooi kersfees boompie. Hier hou sy haar kersfees boompie vas. Haar gesiggie moes nog groen geverf geword het sodat sy kan inpas by haar kersfees boom wat sy moes vashou op die vlot (wat 'n trok was) waarop hulle gestaan het en
deur die hoofstraat van Howick gery het.




Hier het Juané haar groen gesigverf op en hou sy haar kersfees boom van karton vas. Sy was nogal baie opgewonde en bly om deel te kon neem aan die kersfees parade.
Dit was op 25 November 2006 gewees.

Hier is foto waar Juané op die vlot staan (heel links) terwyl dit in Howick se hoofstraat afry. Ek en Llewellyn was in die skare en het gewag dat hulle moes verby ry sodat ons 'n foto van haar en die ander kon afneem.

Llewellyn se 7de verjaarsdag (2006) partytjie update.

Ons het Llewellyn se 7de verjaarsdag partytjie gehou op saterdag 25 November 2006 by Extreme Entertainment waar die kinders kon kegels bowl. Die kinders het lekker gebowl met spesiale yster rame waarvan af hulle die groot swaar balle kon rol.

Jacques het al die kinders gehelp deur die yster raam vas te hou sodat hulle min of meer die bal reguit kan rol om die kegels raak te gooi. Dit lyk nogal baie makliker as wat dit eintlik is.

Die kinders het dit gate uit geniet en daar was tot spesiale skoene wat hulle moes aantrek.












Na die bowling het die kinders gou om 'n tafel gaan sit sodat Llewellyn se geskenke kon oopmaak en hulle kon eet. Die grootmense het verder gekuier by die huis met 'n braai en 'n lekker sjokolade modder koek as Llewellyn se verjaarsdag koek.

November 2006 - vervolg

Ons het in November verlede jaar die WRC Rally in die Waikato Region bygewoon. Ons het saam Cuzette en Zirk gekampeer by Raglan se kampeer plek. Dit was van die Vrydag 17 November tot die Sondag 19 November. Dit het natuurlik oor Llewellyn se 7de verjaarsdag geval. Die het nogal baie en kort kort gereën die naweek. Cuzette het hulle gas stofie saam gevat en daar waar ons gestop het by elke stage kon ons lekker koffie maak en kuier terwyl die manne na die stages gekyk het.









Ons het vir Llewellyn 'n radio beheerde 4x4 bakkie gekry. Hy was baie ingenome met sy geskenk alhoewel hy nie juis vreeslik baie met karre speel nie.









Op Sondag het Jacques en Zirk en die seuns en Zirk se oudste broer die gelukkie getref om vir die Subaru span en vir Peter Solberg en Marcus Gronholm raak te ry op pad na die laaste stage toe en toe kon hulle so 'n foto geleentheid nie misloop nie. Kyk die manne was nou omtrent in hulle noppies met hulle gelukkie wat hulle getref het.

Saturday, August 18, 2007

Sjoe

Ek het so lank laas hier ge-update dat ek dink dit weer tyd is dat ek begin met 'n update oor alles wat die afgelope paar maande gebeur het. Ek is nou besig om al die foto's daarvoor reg te kry en sal dit alles kom opsit sodra ek dit reg het. Ons het vanaand 'n Meksikaanse party by Juanita en Trevor hulle om Trevor se komende verjaarsdag die 21ste Augustus te vier. Ons almal het geld ingesamel om vir hom 'n 19 inch LCD monitor te koop vir sy rekenaar. Hy gaan so verras en bly wees daaroor. Wel ek wil nou nie te veel inligting deurgee nie omdat ek wel hier 'n update sal kom opsit binnekort.

Thursday, November 16, 2006

Kinders se 'Athletics' Dag by die skool - 15 Nov '06

Die kinders het vandag by hulle skool hulle atletiek dag gehad. Dit is nogal hier en daar heelwat anders as wat ons gewoond aan is en wat in SA gedoen word. Daar word wel ook resies gehardloop en ver gespring en ver gegooi, maar verder klim hulle oor onderwerpe en kruip onder deur tonnels gemaak van twee bankies en 'n stuk plastiese seil oor gegooi. Hulle speel ook iets soortgelyks aan vrot eier waar die kinders in 'n sirkel sit en die een kind die ander een jaag.


Hier is 'n paar foto's van die dag. Dit het later begin reën en nou word die res van die aktiwiteite waarby hulle nie uitgekom het nie Maandag hervat. Llewellyn het nog heelwat aktiwiteite wat hulle moet doen. Wel ek hoop julle geniet dit.







Sunday, November 05, 2006

Oktober update.

Nou die was 'n belangrike maand in ons lewens want ek het verjaar en dit was my en Jacques se 10 jaar huweliks herdenking. Ons het vriende oorgenooi om op die Vrydag aand by ons te kom koek en dop geniet om my verjaarsdag te vier.

Dit was 'n baie lekker aand gewees. Ek het melktert, yskas tert en my Ma se lekker souttert gemaak en so ook 'n baie lekker Cadbury chocolate koek gemaak en nog ander snacks voorgesit.

Donna en Ludwig, Monique en Ewoud was van die nuwe gaste wat vir die eerste keer by ons kom kuier het. Brenda en Rene, saam Rene se ouers; Juanita en Trevor; Danie en Judy en Sonita en George was ook die aand by ons. Juanita was so erg opgewonde oor haar Ma se koms die volgende dag dat hulle nie te lank gekuier het nie.

Donna werk saam my by die Auckland City Council en sy is 'n Planner. Ludwig is 'n Suid-Afrikaner en hulle trou nou oor minder as 'n week op die 11de November in Hamilton, so 'n uur se ry van Auckland af.

Monique het ek op die bus ontmoet en vandaar af is ons bevriend. Sy gaan uit met Ewoud, wie se ouers hier in Auckland is en sy bly by hulle.

Judy en Danie het tot heel laaste by ons gekuier en die nag toe by ons oorgeslaap.


Op die 26ste Oktober 1996 is ek en Jacques getroud in die Rietfontein-Suid gemeente op die hoek van Ben Swart Straat en 16de laan in Pretoria om 16h00 die middag. Ek was nog 30 minute laat vir die diens. Aai die herhinneringe 10 jaar later voel nog soos gister party dae.

Judy en Danie het na die kinders gekyk oor die naweek en ek en Jacques het rustig die Vrydag aand by die huis verkeer saam vriende, Lizelle en Riaan de Klerk (wie ons deur Cuzette en Zirk ontmoet het). Die volgende oggend het ons lekker gaan fliek en toe "The devil wears prada" gaan kyk.

Ek het ongelukkig nie foto's geneem op my verjaarsdag of 10 jaar herhinnering nie. Ons wag vir die professionele foto's wat ons laat neem het vroeër in die maand.



Dinsdag die 31ste was Halloween hier gevier en omdat ons dit nie juis ondersteun nie en ek nie die kinders wou laat uitvoel het nie, het ons hulle na 'n Light Party' gevat by een van die kerke wat basies die die lig van Jesus vier.

Hier is 2 foto's van die kinders na ons terug by die huis was na die 'Light Party'.

Monday, October 09, 2006

September 2006 Lente skool vakansie


Ek het bietjie foto's van die kinders buite in die tuin geneem gedurende hulle lente vakansie wat van 22 September tot 6 Oktober was. Die eerste week het ek verlof gekry en het ons gereeld die parkie gaan besoek en gaan fiets ry. Ons het hulle ook op Woensdag 27 September gevat om die fliek "The Wild" te gaan kyk by Skyvillage Cinemas in Highland Park. Vrydag 29 September het ons vir die 3de keer die dieretuin gaan besoek en die kinders het dit baie geniet. Juané het vir Lavender - 'n hasie - gevryf by die "petting zoo" kinder afdeling. Sy hou baie daarvan om die diere te vryf. Llewellyn wou net vreeslik graag die 2 nuwe cheetahs wat van Afrika af ingebring is gaan besoek het, Anubis en Osiris, maar die twee het agter 'n groot stomp gelê en bak in die sonnetjie. Die naweek was ons maar by die huis gewees want Jacques het laat middag skof gewerk van 15h00 tot 23h00. Die laaste week van die vakansie het Jacques met sy af dae na die kinders gekyk en die Vrydag toe hy weer 'n laat middag skof gewerk het het hy die kinders na my werk gebring waar hulle vir bietjie meer as 'n uur gekuier het. Hulle het dit baie geniet. En op die Woensdag het hulle weer saam Jacques die fliek "Barnyard" gaan kyk en het die storie van die koeie erg baie geniet. As julle op die foto's click maak dit die foto in sy regte grootte oop op 'n aparte bladsy en kan julle dit save.