Friday, September 28, 2007

Desember 2006

Ons het oor die kersfees en nuwe jaar breek by Cuzette en Zirk gaan kuier in Napier vir so 2 weke. Ons het baie lekker by die strande gaan rondlĂȘ en krieket speel en die manne het met Zirk se rubberboot die branders aangedurf. Oukers aand het ons saam vriende van Cuzette hulle, ook Suid-Afrikaners, deurgebring. Zirk se Ma was ook daar en het vir so 6 maande omtrent by hulle gekuier. Wel, Zirk het Kersvader gespeel en Llewellyn was vas oortuig daarvan dat kersvader dat nou Oom Zirk was. Ons het maar net aangehou met sĂȘ dat hy hom seker maar net verbeel het. Hulle het dit natuurlik baie geniet. Kersdag was ons weer strand toe want dit was sulke mooi sonskyn dae gewees.

Oujaars aand het Cuzette hulle weer vriende oor gehad en nog vriende van Auckland het ook kom saam kuier. Ons het lekker gebraai en sommer die sitmaker vloer lekker skoon gedans. Ons het net voor 12 uur ook 'n hele klmop klappers geskiet in die doodloop straat langs Cuzette hulle se huis. Zirk het natuurlik vir vet pret en mannewalisse gesorg. Ons het so gelag dat my wange nog seer was die volgende oggend. Ansonica en Pieter het die aand ook saam ons deurgebring by Cuzette hulle. Dit was nou baie gaaf om hulle te kon ontmoet.

Ons het baie lekker gekuier by Cuzette hulle.

1 comment:

Anonymous said...

pkb o nje b, porn. dpi c, uvp frtbdw! arcu q ftu tt.