Sunday, November 05, 2006

Oktober update.

Nou die was 'n belangrike maand in ons lewens want ek het verjaar en dit was my en Jacques se 10 jaar huweliks herdenking. Ons het vriende oorgenooi om op die Vrydag aand by ons te kom koek en dop geniet om my verjaarsdag te vier.

Dit was 'n baie lekker aand gewees. Ek het melktert, yskas tert en my Ma se lekker souttert gemaak en so ook 'n baie lekker Cadbury chocolate koek gemaak en nog ander snacks voorgesit.

Donna en Ludwig, Monique en Ewoud was van die nuwe gaste wat vir die eerste keer by ons kom kuier het. Brenda en Rene, saam Rene se ouers; Juanita en Trevor; Danie en Judy en Sonita en George was ook die aand by ons. Juanita was so erg opgewonde oor haar Ma se koms die volgende dag dat hulle nie te lank gekuier het nie.

Donna werk saam my by die Auckland City Council en sy is 'n Planner. Ludwig is 'n Suid-Afrikaner en hulle trou nou oor minder as 'n week op die 11de November in Hamilton, so 'n uur se ry van Auckland af.

Monique het ek op die bus ontmoet en vandaar af is ons bevriend. Sy gaan uit met Ewoud, wie se ouers hier in Auckland is en sy bly by hulle.

Judy en Danie het tot heel laaste by ons gekuier en die nag toe by ons oorgeslaap.


Op die 26ste Oktober 1996 is ek en Jacques getroud in die Rietfontein-Suid gemeente op die hoek van Ben Swart Straat en 16de laan in Pretoria om 16h00 die middag. Ek was nog 30 minute laat vir die diens. Aai die herhinneringe 10 jaar later voel nog soos gister party dae.

Judy en Danie het na die kinders gekyk oor die naweek en ek en Jacques het rustig die Vrydag aand by die huis verkeer saam vriende, Lizelle en Riaan de Klerk (wie ons deur Cuzette en Zirk ontmoet het). Die volgende oggend het ons lekker gaan fliek en toe "The devil wears prada" gaan kyk.

Ek het ongelukkig nie foto's geneem op my verjaarsdag of 10 jaar herhinnering nie. Ons wag vir die professionele foto's wat ons laat neem het vroeƫr in die maand.



Dinsdag die 31ste was Halloween hier gevier en omdat ons dit nie juis ondersteun nie en ek nie die kinders wou laat uitvoel het nie, het ons hulle na 'n Light Party' gevat by een van die kerke wat basies die die lig van Jesus vier.

Hier is 2 foto's van die kinders na ons terug by die huis was na die 'Light Party'.

No comments: