
Ek het bietjie foto's van die kinders buite in die tuin geneem gedurende hulle lente vakansie wat van 22 September tot 6 Oktober was. Die eerste week het ek verlof gekry en het ons gereeld die parkie gaan besoek en gaan fiets ry. Ons het hulle ook op Woensdag 27 September gevat om die fliek "The Wild" te gaan kyk by Skyvillage Cinemas in Highland Park. Vrydag 29 September het ons vir die 3de keer die dieretuin gaan besoek en die kinders het dit baie geniet. Juané het vir Lavender - 'n hasie -
gevryf by die "petting zoo" kinder afdeling. Sy hou baie daarvan om die diere te vryf. Llewellyn wou net vreeslik graag die 2 nuwe cheetahs wat van Afrika af ingebring is gaan besoek het, Anubis en Osiris, maar die twee het agter 'n groot stomp gelê en bak in die sonnetjie. Die naweek was ons maar by die huis gewees want Jacques het laat middag skof gewerk van 15h00 tot 23h00. Die laaste week van die vakansie het Jacques met sy af dae na die kinders gekyk en die Vrydag toe hy weer 'n laat middag skof gewerk het het hy die kinders na my werk gebring waar hulle vir bietjie meer as 'n uur gekuier het. Hulle het dit baie geniet. En op die Woensdag het hulle weer saam Jacques die fliek "Barnyard" gaan kyk en het die storie van die koeie erg baie geniet. As julle op die foto's click maak dit die foto in sy regte grootte oop op 'n aparte bladsy en kan julle dit save.


1 comment:
Die kinders is pragtig. Interessant die petting Zoo. Dit raak ook gewild hier in SA Kaapstad gewoonlik by die kwekerye. Ons is in die weskaap Moorreesburg. Ek is op soek na skakels ruil met afrikaanse blogs sodat die afrikaanse blogs makliker gesien kan word. As julle belangstel om 'n skakel te ruil my skakel is sonkant bo in Namibië Dit is 'n toer deur Namibië met diere en plante (aalwyne). As julle belangstel om skakels te ruil, kuier by my blog en laat julle skakel daar met 'n boodskap. Plaas asb. my skakel dan ook op julle blog.
baie dankie
Post a Comment